Wie is ons

Gawie van Niekerk

Waar het dit begin

In Junie 1994, op net 20 jaar oud, het ek die Here se roeping gevoel om my lewe aan voltydse bediening toe te wy, met die fokus op seuns wat sonder vaders of positiewe manlike rolmodelle grootword. Ek is bekendgestel aan ‘n Stokperdjiesentrum-model van YWAM in Brasilië, waar houtwerk dien as ‘n “voertuig” om die lewens van gevaar-seuns positief te beïnvloed. Nadat ek my drie maande lange opleiding (C.E.F) voltooi het. as Kinderevangelis by Petra Kollege vroeg in 1995, het ek Tjommies Stokperdjiesentrum in die middestad van Pretoria gestig, waar ek 13 jaar suksesvol bedrywig was.

Stigter en Leier van Timmer Tjokkers

In Januarie 1997 het ek met Paulette getrou, wat sedertdien my grootste ondersteuning was! In 2008 het ek vir agt maande van die bediening weggestap, maar in Januarie 2009 het ek by LIG Kinderbediening aangesluit. Kort daarna het ek ‘n soortgelyke behoefte onder die seuns in Danville, Pretoria-Wes, herken. Na baie gebed en geloof in die Here se voorsiening, het ons die bou van die huidige werkswinkel voltooi. Teen Februarie 2012 het die eerste seuns Timmertjokkers in ‘n volledig toegeruste fasiliteit begin bywoon! Vanaf Julie 2024 funksioneer Timmertjokkers onafhanklik as ‘n nie-winsgewende maatskappy (NPC).

A craftsman skillfully sanding a wooden plank in a well-lit workshop.
wooden cars

Help ons om die seuns manne van God te maak

gawie van Niekerk

Maniere om finansiële bystand te verskaf:

Timmertjokkers het behoefte aan ‘n klompie items in en om die werkswinkkel om ons meer effektief te laat funksioneer.

Miskien het jy iets op die lysie wat rondstaan…

Scroll to Top